Shirley Valentyn

Met Shaleen Surtie-Richards

 

 

Wenner van die gewildheidsprys by die ABSA KKNK en Aardklop, sowel as ‘n Fleur du Cap-toekenning.

 

Sy’s terug! Na meer as eenhonderd vertonings landwyd kom maak Shirley weer 'n draai in die Johannesburg. Haar reis van onderdrukte huisvrou tot 'n volwaardige Shirley Valentyn is steeds een van die roerendste, mees eerlike ervarings wat tans op die Suid Afrikaanse verhoog te sien is.

 

Shaleen Surtie-Richards is Shirley Paulse: die ma, die vrou. Op 'n dag besef sy dat sy nie meer dié vrou wil wees nie. Sy mis vir Shirley Valentyn - die vrou wat hard kon lag, wat vir niks bang was nie, wat van die huis se dak af kon spring net omdat sy lus was. En sy besluit om haar te gaan soek.

 

‘Dit is min dat ‘n mens Surtie-Richards in so ‘n nommerpas rol beleef met ‘n vertolking wat ‘n mens vir ‘n tweede keer na die kaartjieskantoor wil laat hardloop.’ Beeld

 

'Die essensie van menswees word in hierdie stuk met deernis en eerlikheid vasgevat. In hierdie opsig is dit ‘n inspirasie; as verhoogstuk ‘n onvergeetlike ervaring.' Die Burger

 

'Shirley Valentyn... is one of the finest productions I have ever seen.' Artsmart

 

'It's a magical play that reaches its target audience through humour, draws them in and silences them with pathos...' Pretoria News

 

 

Deur Willy Russell

Teks vertaal/verwerk Hennie van Greunen

Regie Hennie van Greunen

Stelontwerp Kosie Smit

Verhoogassistent Rudi Kruyshaar

 

Aangebied deur Kosie House of Theatre, Wordsmith’s Theatre Factory en Joburg PROMUSICA

 

Joburg Promusica, Roodepoort

27 & 28  Augustus 2010 @ 20:00

R120

Bespreekings by Computicket

 

Tydsduur: 120 minute, insluitend 20 minute pouse. Deure open: 20 minute voor vertoning