|
En op ‘n ligter noot Met Elzabé‚ Zietsman
Elzabé Zietsman en haar span, Janine Neethling, Maralin Vanrenen en Emma Bekker vermaak met hierdie nuwe kabaret - En op `n ligter noot.
Veroudering is onomstootlik, maar hoe `n mens die werklikheid daarvan ervaar en aanvaar, word bepaal deur die oog waarmee jy kyk. Elzabé en Kie kyk met `n satiriese en komiese oog na hierdie onafwendbare stadium van die mens op sy lewensbaan en gee aan die gehoor ietsie om aan te dink en oor te lag in die drukkende ekonomiese tye.
Teks Emma Bekker Musiek Janine Neethling Regie Maralin Vanrenen Stelontwerp Kosie Smit
Joburg Promusica, Roodepoort 26 Augustus 2010 @ 20:00 R120 Bespreekings by Computicket
Tydsduur: 75 minute, geen pouse. Deure open: 20 minute voor vertoning.
Aangebied deur Kosie House of Theatre, ZIKO en Joburg PROMUSICA |